Dawid en Goliat
Die rolprent "Facing the Giants", in een prentjie saam gevat.
Karakter word so gevorm, wanneer ons in sulke situasies beland. Geloof word ook so getoets en versterk. En soms voel mens net lus om te rol en dood te speel. Ek het al gehoor dat Boesmans leeu aanvalle so oorleef het. Ook van Zoeloes wat Mamba pik oorleef deur dadelik stil te gaan le en slaap. Die wysheid om te weet wanneer om te staan, wanneer om te hol en wanneer om te rol en dood te speel, dit verg insig en 'n hele klomp self kennis(na binne) en ook kennis na buite...
Verder het ek opnuut geleer dat my blydskap nie net moet afhang van dag tot dag suksesse en goeie ervarings nie, maar ook in 'n stil vertroue dat daar 'n Here is, en 'n God wat my lief het!
1 Comments:
Inderdaad!!!!!!!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home