Monday, February 9, 2009

Daai blou Passat...

Pas gekoop en sat gery het die mense gespot….
Hulle kan maar spot, ek het iets anders gesien daar op Grootklip 1 toe ons almal nog jonk en onskuldig was.

Dit was my ma se kar tot my pa ‘n U-draai in die pad net buite Komgha gemaak het, sonder om in die tru-spieltjie te kyk… Toe kom wetter daar so ander ou in ‘n vinnige ford bakkie van agter in die Passat in en ry ons amper terug tot by die kerk vir begrafnis... Ons was juis net oppad huis toe na sondagskool en preek.

Ewenwel, na dié stampie is die Passat toe so effe skeef en daar weier my ma opslag om weer ‘n meter met die ding te ry. So staan hy onder die boom en vergaan tot iemand eenparig op sy eie besluit het dat die blou karretjie net die ding is om die “Pineapple” mee te loop jaag. (Die “Pineapple” was ‘n tydren wat oor grond en agter-plaas-paaie gejaag was in die dae toe Sarel Van Der Merwe die koning was in ‘n vroë Audi Quatro.)

Hel daai ouens kon ry – en sekere eenparige ander jongens ook. Na so paar stote en draaie het ‘n sekere rooikop-vuur-eter- loodspoeger besluit die Passat se petrol tenk moet af, want dit kos teveel om vol te maak. Hy het ook besluit dat ‘n 5l olie kannetjie ‘n beter tenk is, want mens kan hom bo op die spruitsuk teen die enjin vasmaak (darem aan die inlaat kant) dan word die petrol effe warm en die ontbranding is dan ook sommer beter…En dis goedkoper om voltenk te kry! Ons het mos nie daai tyd sakgeld gekry nie, net die huis uitgevee en gesoek vir sente in die stof en buite op die werf tussen die hoender vere en kluite, na ‘n week se krap kon mens so liter of wat koop, die res het pa geskenk…

Met hierdie aangepaste blou Passat was daar dan dan soos die loods van ‘n boeieng wat sy koers byster geraak het in die mielie lande op en af gejaag opsoek na ‘n geskikte plek om die ding in te boor. Genadiglik het daar nooit so geskikte plek verskyn nie, maar ek kan almal wat hier lees verseker dat hierdie manewales wild was en dat dit op verskeie gebiede in meeste mense se lewens respek van een-of-ander aard sou afdwing.

1 Comments:

At February 10, 2009 at 4:29 PM , Blogger baasman said...

Man.......daai oliekan turbo gevaarte ding het mos nou 'n draai of wat in grootklip 2 se geweste ook gat maak. Die ding is die....

Daai rooikop-vuureter-loodspoeger kerel stel mos toe nou 'n rekord tyd vas so tussen Grootklip 1 en Grootklip 2 op daai servituut paadjie langs, so die katbos se kloof deur...neefs, niggies, honne, katte; al wat leef sien kans...dis net wiele en stof en "kenwis" en 'n helse gelawaai so die klowe deur....Jaaaaaaaa.....janeeee...

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home