Monday, March 8, 2010

As ek soms nuus luister...

TUIS VERKRAG deur gjo

Jy lê steeds hier aan die onder punt
Een van die jongstes, een van die mooistes
Jou lyf ooglopend vol belofte, gereed
om vreugde te gee aan ‘n liefling...

maar jou oë vertel ‘n storie van pyn
die goedkoop “make-up” nie genoeg
om die snye en bloukolle weg te steek,
onder die pruik wys gebreekte haarpunte.

Die ingevoerde chineese rokkie
is heeltemal te kort en oral wys daar
kolle van hande wat gevat het, te hard en te veel.
Jou glimlag eens pragtig, maar nou, half tandloos...

Toe ek jonk was en jy ook jonger
het ek jou bemin, was ek verlief op jou mooi,
jou belofte. Ek was bereid om my lewe te gee
om jou te beskerm teen enigiets wat jou sou bedreig.

Enigiets, maar dit? Hoe sien mens dit kom?
Hoe keer jy die onkeerbare? Miljoene hande wat vat
en vat en vat en niks wil gee, tonge wat lek
en lippe wat sonder ophou suig en suig en suig...

My hart is gebreek oor jou, jou mooi wat geskend is
daardie belofte van vreugde word van jou gestroop.
Jy het die ergste oorgekom wat ‘n jongmeisie kan
my liefste, mooiste, mooiste stukkende een.

Jy word beroof, geskend, verkrag...deur vreemdes?
Nee! dis jou broers, susters, jou eie ma en pa...

Hoe kan ek jou troos, hoe kan ek jou regmaak?
Jou mooiste, mooiste “iNingizimu Afrika Borwa”,
Ons “beautifull, beautifull South Africa”
My mooiste, mooiste Suid Afrika!

3 Comments:

At March 10, 2010 at 11:01 AM , Blogger YvetteGgg said...

My mond hang oop oor die "Amazing" talent wat die Here aan jou gegee het. Dit is publikasie stof hierdie my vriend!!

Groetnis
Yvette

 
At March 10, 2010 at 4:20 PM , Blogger baasman said...

.......ek stem. Het dit twee dae terug gelees en is steeds stom geslaan.

 
At March 10, 2010 at 6:42 PM , Blogger Alice Vogt said...

Jy's awesome! Hoop jy's volgende op die long-lys!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home