Saturday, January 23, 2010

No. 10621777

Voor die wekker, was ek reeds vanoggend op, om hierdie nuwe hoofstuk te begin.
Ons is vroeg hier weg Pretoria toe om my te gaan inskryf by die Universiteit van Pretoria, ek wou nog altyd by so ‘n plek studeer…! (Ek het myself in die hartjie van BLOUBUL land begeef) – pype in die neus en arm, rugsak met al die mediese benodighede op my rug, met die motorfiets oor my skouer en my draer met die suurstof-tenk agterna – daar gaat ons die donker dieptes af, onder die Ingenieurs fakulteit se gebou in. Opsoek na lesingsaal1-4. Wat ‘n gedruis van studentelywe! Almal daar om te registreer vir ‘n Honeurs Graad in een van die vele siviele rigtings, party grys, party bloedjonk, een in haar rystoel en ek met die pype. Die trappe vat ek toe maar stadig, omtrent so stadig soos die tou by die finale registrasie lokaal – waar hulle alles op die instansie se rekenaar stelsel vaslê. So is dit dan gedoen. Ek doen dit vir die lekker. Sommer net vir sommer, ek hoop ek word dit end uit gegun en sê dankie vir die geleentheid tot dusver. Ek het nou ‘n nommer 10621777…

3 Comments:

At January 24, 2010 at 8:45 PM , Blogger Lisa said...

Ons almal is seker op een of ander stadium 'n nommer. Ten minste is dit 'n bewys dat ons wel nog bestaan! "It's never to late to follow your dream." Net jammer baie van ons het ons drome iewers verloor.......

 
At January 25, 2010 at 12:56 PM , Blogger baasman said...

geluk neef....en baie voorspoed!!

 
At January 26, 2010 at 9:28 PM , Blogger Tannie Irma said...

Ons is dankbaar dat jy nie wegkyk van die wêreld nie en dat jy jouself daaraan gee. Lewe is om dankbaar te wees vir die lig en die liefde en vir die warmte en sagtheid in mense en dinge wat sommer ontvang is. Ons is trots, maar ook dankbaar dat jy die lewe weer eens (nog steeds) vasgryp en dankbaar lewe! Watter voorbeeld stel jy nie vir ons almal nie ... ons skiet so ver tekort! Net die mooiste vir jou - ek bewonder jou guts - jy oorreed my amper om ook soiets aan te pak op my oudag!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home