Thursday, November 12, 2009

Fluistering


Ons sit vanoggend en terug dink oor die afgelope 20 jaar saam. Dit was ‘n mallemeul van skuiwe, stampe, stote, besluite, trekke, groot gebeure en skielik besef ons – geloof toetse. Sommige het ons self gekies en ander het sommer ongevraagd ons kant toe gekom en ek besef nog iets…

Alles is gemaak om op bepaalde tye te verander, die weer, die lig, die seisoene, die diere, die mense, die koninkryke, konings en heersers, tegnologieë, idees, gode, en gelowe, teologiese sienings, hipotese, teorieë, kennis, planete, die ganse ruim – alles! Net een ding bly ewig dieselfde – konstant-sterk en stil, rustig, magtig… Hy, die skepper van alles wat verander. Maak nie saak of dit vinnig of stadig gebeur nie, alles verander, maar Hy, Hy bly dieselfde. Hy heers oor alles – die bewys juis in dié konstante verandering – Sy heerskappy, dis Sy skepping, Syne! Hy is van ewig tot ewig besig om te heers oor alle sienlike en onsienlike dinge.

En ‘n belofte iewers van ewige ewewig, geen meer orde soos ons dit ken, geen chaos meer, alles verander om te deel en lewe in vrede tussen almal en alles, met een Koning en een Troon wat nooit sal verander of wankel nie.

En intussen, die mens, ons, krappend in die stoffies, opsoek na antwoorde in ons eie beperkte kennis. Gebind deur ons eie arrogansie met ‘n onvermoë om ons tekortkominge te erken, verblind deur ons vrese – ons sonde. Alles wat nodig is om te weet is reeds openbaar. As almal maar net kan sien…Hy het ons klaar gered…luister net daar… hoor die Fluistering.

2 Comments:

At November 12, 2009 at 1:36 PM , Blogger YvetteGgg said...

Soms, wanneer jy "praat" (skryf)dan kan ek nie anders as om God te ervaar, want Hy leef baie maal deur die woorde wat jy spreek. Somtyds is jy God se spreekbuis. En vandag was dit in die woorde " HY het ons klaar gered".
Jy is baie spesiaal.

 
At November 13, 2009 at 10:17 AM , Blogger baasman said...

....so ervaar ek dit ook!!! Vrede vir jou en jou geliefdes, neef.

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home