Saturday, December 5, 2009

Dis nie myne nie?!

So gesels ek nou die dag met Tienie. Tienie die sakeman, visserman, bootman, geldman, kom-drink-‘n-koeldrink-man, Toyota hilux man, parrafien man en nog vele meer. Ek vra hom hoe dit met die vis saam gaan. Hy antwoord iets soos: “Bliksem ouboet, jy sal my nie glo nie, seker meer as 6 maande laas aan ‘n visstok geraak. Haal nou die dag my katrol uit toe sê ek vir my self, self, hierdie kannie jou katrol wees nie. Jou katrol was nie só óp toe jy hom laas gebêre het nie, die lyn was nog blink en die spoel het nog getol…Kannie myne wees nie. Dis nie myne nie. Maar dit is…!” En ek dink – Ek weet presies hoe dit voel…



Laasnag was ook die koms van Shallie - die kleur van skalie en 'n kruis tussen Shadow en Stallie. Dit kom van Stalliemannewales...Hierin is 'n les te leer. Stallie, dit is joune!

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home