Friday, January 29, 2010

As jy dalk ook wonder hieroor...

Vandag het ek gewonder oor regverdigheid
en het besef die rég daartoe is nie myne nie.

Waar is regverdigheid dan?
Is daar ‘n ander wat sal toesien dat dit wel geskied?
Dit is vir my en jou so maklik om na regverdigheid te roep,
want dit moet mos geskied…so word dit vertel.

En tog, te dikwels, het ek al ook gehoor en sien,
hoe regverdigheid ontbreek, dat dit iewers in die
wan-orde van boosdoeners verloor het.
Dat regverdigheid dood is. Ja, vir ewig dood!?

Maar regverdigheid is groter as die dood
groter as jou en my soeke daarna
dit kom my en jou nie toe, maar is verseker hier.
Regverdigheid word so dikwels in onregverdigheid gebaar…

Die barens pyn van onregverdigheid het
heel dikwels tot gevolg dat ons oë
oop forseer word om Regverdigheid te sien!
En dan kan ek nie anders as om my knie en hoof te buig.

1 Comments:

At February 3, 2010 at 9:14 AM , Blogger baasman said...

Dit is tog so waar. 'n Man het my nou die dag vertel dat hy en 'n oom van hom, toe hy ses jaar oud was, eendag hand aan hand na 'n plaas winkel gestap het. Iets het hom gepla en toe vra hy vir raad: "Oom, waarom is die hele wereld so onregverdig?" Sonder om te skroom se die oom: "Dit is sodat ons sommer baie na die hemel sal uitsien!"

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home