Thursday, December 3, 2009

Fred vir Ruan



Oom Ben stroop koring en Fred (die stroper) is natuurlik daar om te help. As ek ‘n koring stroper sien dink ek aan Ruan met sy Cars versameling. Ek is steeds spyt dat ek nie daardie dag toe hy hier was vir hom ‘n Fred kon wys nie. Daarom dan die fotos. Jammer Ruan, ek weet Fred is eintlik rooi, maar sy bek is darem rooi - al is die lyf groen. Die Bosluis voëls (Egretts) kom sit waar Fred gestroop het om al die goggas te eet. Vir hulle ‘n tyd van absolute oorvloed – ook vir die Kweleas – tot die boere se frustrasie, want hulle stel net in die koringare self belang. Sulke wolke voëls, duisende der duisend van hulle – ek dink tog die duiwe in die sonneblomme vroër die jaar was net so erg indien nie erger nie. Vanoggend het ons gesien hoe ‘n valk van die Kweleas vang om te eet. Die valke is ook seker redelik dik gevreet! So sorg die boere se gewerskaf nie net vir ons mense se pense nie, maar maak ook verder ‘n bedrae. Dis ook hoekom boere so ver moontlik moet weerhou van die gebruik van gifstowwe wat van een vreter na die volgende in die voedsel ketting oordra en doodmaak.

Verder sny ek nou heerlik gras hier om die huis met die plaas se trekkertjie-grassnyer. Dis woorwaar iets waarin ‘n mens maar kan belê, amper soos ‘n skottolgoed wasser… Dis nou as jou grasperk dit regverdig!

2 Comments:

At December 4, 2009 at 10:31 AM , Blogger Naas said...

Ruan sê dis Frank... en daai Fred is nie rooi nie. Gee my krag. Dalk hom bietjie 'optouch'. Daai Graasmasjien al Kai-uwe mos jaloers maak. Wonder net of dit Kai-uwe sal kan dra (langtermyn). Probleem is net dit gaan hom nog langer vat om te sny van al die speel dan.

 
At December 7, 2009 at 10:58 AM , Blogger baasman said...

Dit lyk na groot lekkerkry!!!!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home