Tuesday, December 29, 2009

29 Desember 2009


Gister middag was ‘n stof-hael-wind-reën-donder storm hier oor ons. Dit het die lug verkleur en die voëls van koers gewaai. Ek het buite gaan staan en kon ‘n hele paar minute voor die aksie die wind se geraas hoor aankom. Lank het ek by die kombuisvenster staan en uitkyk, al wagtend op die hael wat ek verwag het.
Later by die kamervenster uit staan en kyk hoe twee tarentale naby die huis wei in die reen toe die eerste healtjies op die gras begin rondspring. Dit het my aan kunsmis laat dink. Die wit korreltjies so eweredig oor die gras versprei, naastenby ewe groot met so hier en daar ‘n groter een. Een van die natuur se maniere van stikstof vir die grond gee. Terwyl die hael val het die tarrentale agter 'n digte struik skuiling gesoek en stil die storm staan en uit wag...

My gesondheid hou nog goed al is die asem min. En sien ook darem vir meer kans as in October en die drie maande voor dit. Sal seker in Januarie vir die roetine IV lading gaan. Verder is ek deur Universiteit van Pretoria aanvaar om verder Ingenieurswese te studeer. Hou duim vas vir my poging…

1 Comments:

At January 13, 2010 at 3:58 PM , Blogger baasman said...

...ons sal, alle voorspoed!!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home